Home / Tuis
Up / Op

or

 

of

South Africa's Top Sites

LICENSES / LISENSIES

Links / Skakels:

South Africa


  Advertising SA

Wedding-
Resources.com

Mobile Disco Directory
The Mobile Disco Directory offers information and contact details for hundreds of Discos and DJs across the UK and further afield.

[Klik op die om uit Te brei of weg te neem]

  • Kan u ons ontmoet voor die funksie of troue?

    • Vir Koffie, enige tyd, selfs 'n bier as u dit so verkies.

    • Ek kan na julle toe kom, julle kan na my toe kom of ons kan iewers gerieflik ontmoet. Ons kan selfs al die reëlings per e-Pos of telefonies doen.

    • Neem asb in ag dat sou dit gebeur dat die DJ wat u gesien het siek of onbeskikbaar word, dat ons hom sal vervang met 'n ander DJ. U sal in kennis gestel word indien dit die geval is.

     

  • Hoe laat daag ons op by die funksie / troue?

    • Onthaal:    Ons verkies om opgestel te wees voor die Diens begin, dus ons sal 2 ure voor die tyd opdaag, opstel en toets.

    • Kapel en Onthaal:    As ons die Kapel en Onthaal se klank doen sal ons 2.5 ure voor die tyd daar wees om op te stel en te toets.

    • Ander Funksies:    Ons verkies om reg te wees voordat die gaste opdaag, dus ons sal 2 ure voor die tyd opdaag, opstel en toets.

     

  • Kan ons die klank in die Kerk of Kapel ook verskaf?

    • Ja ons kan. Kostes sal bereken word afhangende van die vereistes. Meeste van die tyd sluit ons dit gratis in. 

    • Ons verskaf 'n mikrofoon vir die Ds en speel die nodige musiek vanaf CD's.

    • Ons het ook die "Liedboek" se klank opnames beskikbaar sou u dit verlang op CD. 

    • U is meer as welkom om u eie musiek te verskaf.

    • Bespreek gerus enige ander vereistes met ons.

     

  • Wat het ons nodig by die funksie / troue / kapel?

    • Ons het nodig dat u ontspan en die dag geniet!

    • Daar moet 'n tafel beskikbaar wees, op 'n geskikte plek met twee stoele asb. Verkieslik naby die dansvloer en 'n kragpunt.

    • Die tafel moet 'n tafeldoek ophê, verkieslik met 'n romp. Ons kan ook ons eie verskaf.

    • Ons het ons eie kabels on koppel stukke.

     

  • Kan 'n kunstenaar gebruik maak van ons klank stelsel?

    • Yip, hulle is welkom. Die klank opnames "Backtracks" moet asb op CD verskaf word. Ons normale stelsels kan tot 3 mikrofone hanteer tegelyk maar het nie effekte nie. Groter stelsels kan verskaf word indien nodig met effekte, dit sal kostes teweeg bring.

     

  • Kan ons klank stelsels addisionele insette / konneksies hanteer?

    • Ja hulle kan. Ons kan tot 30 konneksies maak indien nodig.

    • Ons normale stelsels maak sleg 2 ekstra konneksies.

    • Alle behoeftes moet ten minste 2 weke voor die tyd bevestig word om kabel konneksies te bespreek.

     

  • Laat ons toe dat orkeste ens. deur ons klank stelsels speel?

    • Yip, as hulle tevrede is met wat ons offer. Ons laat alles toe behalwe Bas Kitare. Alle behoeftes moet ten minste 2 weke voor die tyd bevestig word om kabel konneksies te bespreek.

     

  • Hoe hard speel ons, hoe groot funksie kan ons hanteer?

    • Dit sal afhang van die funksie, tyd en die gemoed van die gaste.

    • Ons kan funksies met 3000 gaste maklik hanteer.

     

  • Agtergrond musiek by funksies / troues?

    • Instrumentele, Panfluit, Klassiek, Ligte Afrikaans en Engels.

     

  • Wat se tiepe musiek speel ons?

    • Dit is moeilik om vooraf te bepaal, dit hang van die gaste en hulle gemoed af. Dus om te sê ons speel soveel van dit en dat sal 'n leun wees.

    • Ons ken nie u gaste nie, dus kyk ons na wat hulle van hou en pas daarvolgens aan.

     

  • Speel ons klank effekte ens. gedurende die toesprake?

    • By die onthaal, met die bruidegom se toespraak, JA...behalwe as u daarteen besluit.

    • By ander funksies of geleenthede, NEE...behalwe as u dit versoek.

     

  • Speel ons versoeke van u of u gaste?

    • Verseker, op voorwaarde dat dit inpas by die geleentheid en dat ons dit wel het.

    • As ons dit nie het nie, bring dit gerus op CD, onthou om weer te kom haal.

    • Musiek keuses word vooraf bespreek met u, dit gee ons 'n idee van wat u hou en nie hou.

     

  • Moet ons by u gaste sit of moet u kos en drinkgoed verskaf?

    • Nee dit is nie nodig om by u gaste te sit nie, ons verkies dit om by die stelsel te sit.

    • Ons moet gedurig klank aanpas, ander musiek speel en mikrofone hanteer daarom verkies ons om by die stelsel te sit en eet.

    • Vra asb net die plek om eetgerei by die DJ tafel te plaas.

    • Rakende kos, ja asb.

    • Dit is nie nodig om vir ons drankies/koeldrank te betaal nie.

 

© 2003-2012, Moby’s Magic Music    
No copying or distribution without the permission of
Moby’s Magic Music