or

 

of

South Africa's Top Sites

LICENSES / LISENSIES

Links / Skakels:

South Africa


  Advertising SA

Wedding-
Resources.com

Mobile Disco Directory
The Mobile Disco Directory offers information and contact details for hundreds of Discos and DJs across the UK and further afield.

Beplan U 'n funksie of troue, dalk net 'n lekker dans, soek jy iemand om musiek te maak....stop en dink....jy koop nie wegneemetes nie!!!

om 'n mobiele disko te kies is net so belangrik as om die plek en datum te kies. kies reg. onthou net soos die plek het die disko net een kans om dit reg te kry, môreoggend is als verby! 

Wie ook al u kies, maak seker dat hy/hulle geregistreerd is by SAMPRA en SAMRO. Hulle benodig beide lisensies om publieke opvoerings te mag doen, bv. musiek te speel by funksies, onthale, danse ens.

So hoe gemaak om die regte verskaffer te kry:

Die Internet: Die webtuiste van 'n verskaffer spreek vir baie dinge oor bv. dienste, pryse en toerusting. Dit sal ook 'n indikasie wees van hoe professioneel hulle is. Gebruik soek filters om iemand in u area te kry.

Self gehoor of aanbeveel deur iemand: Hierdie is seker die beste manier. Jy of iemand anders het hulle reeds ontmoet, gesien of gehoor. Vra 'n kwotasie, as die prys reg is, bespreek hom. Goeie verskaffers word lank vooraf bespreek.

Verskaffers lyste van plekke of publikasies: Meeste plekke het 'n lys van verskaffers waarmee hulle gelukkig is. Skakel hulle en besluit dan self.

Nou dat u 'n lys van verskaffers het, hou die volgende in gedagte wanneer u 'n keuse maak:

BAIE VERSKAFFERS REIS MET EKSTRA KOSTES, DIT KAN DALK DIE MOEITE WERD WEES OM DIE GELD TE BETAAL!

Prys, Prys, Prys: Jy kan nie verskaffers wat net 'n paar honderd rand kwoteer vergelyk met iemand wat R2500 plus vra nie. Pryse verskil baie en afhangende van wanneer en waar. Wees op jou hoede vir kansvatters. Om 'n goeie verskaffer te kry op kort kennisgewing is moeilik maar nie onmoontlik nie. Soos met enige kopie of diens, is die prys in meeste gevalle 'n aanduiding van gehalte van diens en ondervinding. Maak ook seker dat u weet wat als ingesluit is in die kwotasie.

Toerusting: Maak hulle gebruik van betroubare professionele toerusting? Word die toerusting onderhou en het hulle "backup" toerusting indien dit nodig sou wees? Professionele toerusting kos aansienlik meer en het daarom 'n koste impak. Toesprake is so 'n belangrike deel van enige funksie, kan jy bekostig dat dit 'n mislukking is of dat niemand kan hoor nie? Het hulle verskeie tipes mikrofone, is hulle bereid om van kragopwekker te speel tydens onderbrekings, kan hulle jou akkommodeer tydens 'n konferensie met jou laptop konneksie ens.

Die Verskaffer / DJ: Jy moet probeer om die verskaffer te ontmoet voor die funksie. Dit sal jou in staat stel om 'n lys te maak van wat word deur wie verskaf en ook 'n gevoel gee oor die DJ / verskaffer. Tydens hierdie ontmoeting bespreek dan ook die musiek keuses en ander verwagtinge.

Musiek Keuses: Ouderdomme en musiek smake verskil baie by funksies, daarom moet die DJ toegerus wees om 'n groot verskeidenheid te speel. Party DJ's speel vanaf 'n vooraf opgestelde lys, ander "lees" die gehoor en maak een op soos hy aangaan. Party sal gaste toelaat om versoeke te plaas, ander hou weer nie daarvan nie.

Hou asb in gedagte dat "jou" keuse van musiek nie noodwendig dieselfde as die gaste sin is nie. Ja, jy betaal daarvoor, maar dit help nie as jou gaste dit nie geniet nie. Gee eerder toe ter wille van jou gaste en die sukses van die funksie.


© 2003-2012, Moby’s Magic Music    
No copying or distribution without the permission of
Moby’s Magic Music